Hoërskool Hopefield

Company Information

Hoërskool Hopefield - Weskus Skool van Keuse

Hoërskool Hopefield aan die Weskus van die Wes-Kaap bied u die ontmoontlike: klein klasse, uitstekende onderwysers, sterk leierskap, bekostigbare skoolfooie en meestal 'n 100% slaagsyfer.

Hoërskool Hopefield (ook 'n Laerskool) is 'n parallelmediumko-ed "regeringskool" wat 760 leerders van Graad R tot 12 bedien.

Sedert 1855 gaan leerlinge uit die hele Weskusgebied (Hopefield, Langebaan, Langebaanweg, Saldanha, Vredenburg, St Helenabaai & Velddrif), by HSH skool. Dit word moontlik gemaak deur HSH se uitstekende busdiens en bekostigbare koshuise na aan die skool, vir seuns en dogters afsonderlik.

Hoekom HSH? Gewone dinge word buitengewoon gedoen!

  • 100% matriekslaagsyfer
  • 100% vrystelling tot 'n tersiêre instelling
  • Baie hoë universiteitsvrystelling
  • Relatief klein klasse: gemiddeld 25-30 leerders per klas
  • 40 Onderwysers bied 60+ Voor- en Nagraadse kwalifikasies
  • Verskeidenheid Vakkeuses maak meer loopbane moontlik
  • Toeganklik via bekostigbare Koshuise en Busdienste
  • Ons blink uit in Kultuur en by Eisteddfods
  • Geprivatiseerde Musiekskool bied uitstekende musiekonderrig
  • Ons sportgeriewe skep Provinsiale atlete en meer
  • HSH-leierspan bied 200+ jaar se ondervinding tussen hulle
  • Outydse dissipline, Toekomsgerigte waardes
  • HSH is trots op 'n roemryke geskiedenis en blink toekoms. Ons Alumni het hul merk in die wêreld gemaak en ons stel jaarliks nog 'n sarsie goed gebalanseerde matrieks vry - kom skitter saam.

HSH se Visie:

'n Skool van uitnemendheid waar die volle potensiaal van elke leerder bereik word.

 

HSH se Motto:

Meliora Seqor (Ons strewe na uitnemendheid!)

 

HSH se Missie

Ons strewe vir leerders & personeel is om:

  • elke kind holisties tot volwassenheid te lei.
  • 'n positiewe selfbeeld en goeie selfbeheersing te skep.
  • leerders voor te berei vir verdere studie in hul gekose loopbane.
  • 'n veilige en bevorderlike skoolomgewing te bied.
  • 'n positiewe uitkyk en Christen-gebaseerde waardes aan te wakker.
  • die waardigheid van almal met verdraagsaamheid en deernis te handhaaf.
  • trots en lojaliteit teenoor HSH, onderwysers en mede-leerlinge te kweek.
  • professioneel teenoor kollegas, ouers en leerders op te tree.
  • ons ouers by die skoolmilieu te betrek.

Aangesien die Departement van Onderwys slegs 3% van ons bedryfskoste dek, bereik ons uitnemendheid deur middel van die ongelooflike ondersteuning van ons ouers en borge!

Current job openings at Hoërskool Hopefield

No job listings found.
This entry was posted in . Bookmark the permalink.